Woensdag, 10-Maart-2010
8:06:pm


Quinton-Steele Botes Blad
Quinton
Gesels saam
Kliek hier

Inskakel Vorm






Lost Password?
No account yet? Register
Advertisement

Woensdag, 10 Maart 2010
Saturday, 06 March 2010
 
Aanbidding verander jou
Wednesday, 10 March 2010

2 Korintiërs 3:18

LEES
Terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid...

DINK
As ons Jesus volg, word ons langs die pad verander.  Dit wat Hy sê en doen vryf op ons af.  Volgelingskap is transformasie.  Ons word meer soos Hy.  Dit is immers die doel van ons dissipelskap!  Sy teenwoordigheid doen dit aan ons.  As ons Hom beleef, kan ons nie dieselfde bly nie.  Paulus stel dit mooi:  as ons die heerlikheid van die Here aanskou, word ons verander na dieselfde beeld – dan verander ons van heerlikheid tot heerlikheid.  Hierdie term “heerlikheid” dui op die glorie of glans of lig wat van God af uitstraal – die “halo” wat Hom omgeef, soos dikwels op kerklike prente aangedui word.  As ons daardie heerlikheid betree, sal dit ons tot in ons siel en gees aanraak.  Hoe betree ons dit?  Wel, deur Hom met aanbidding te nader in gebed of met sang of musiek, is om sy heerlikheid te betree.  Aanbidding is om God se karakter en wese te noem, te prys of te besing; dit is ook om voor Hom neer te buig in oorgawe.  As ons God so aanbid, raak dit ons in ons siel, ons hart, ons emosies, ons motiewe, ons gedrag – ons hele menswees! Kom in die Here se teenwoordigheid!

BID
Here, ek het so ‘n behoefte na U in my hart.  Amen.

DOEN
Skryf ‘n lysie van God se eienskappe in jou joernaal.

© 2010 PADLANGS DEUR DIE LEWE.  Alle regte voorbehou.

 
Program Skedule
Monday, 23 March 2009
            
 

Brought to you by Trumpet International