Vrydag, 10-September-2010
3:46:pm


Senderkomitee PDF Print E-mail

 

RIGLYNE VIR ‘N  WERKWYSE VAN ‘N SENDERKOMITEE

  1. Dit is baie belangrik dat komiteelede werklik die visie van Media vir Christus / Kanaal 7 sal verstaan en in oortuiging van die Heilige Gees hulle bereid sal stel om vir ten minste twee jaar toegewyd in gebed en diens betrokke te wees by hierdie bediening.
  2. Die senderkomitee behoort te bestaan uit minstens 5 lede maar nie meer as 9 lede nie.  Hierdie lede moet die Christen Kerke in die gemeenskap verteenwoordig.
  3. Daar moet ‘n Anker / Voorsitter en ‘n Tesourier / Sekretaris gekies word.  Hierdie 2 posisies sal die dagbestuur vorm.
  4. Verder sal daar uit die addisionele lede ‘n bemarkingskoördineerder en ‘n gebedskoördineerder aangewys word.  Verdere koördineerders sal na behoefte aangewys word.
  5. Die doel van die komitee is om Media vir Christus / Kanaal 7 by die publiek te verteenwoordig en die publiek by Media vir Christus / Kanaal 7 te verteenwoordig.
  6. Die komitee sal deur middel van die radio en ander media aan die publiek bekend gestel word sodat die publiek weet deur wie Media vir Christus / Kanaal 7 gekontak kan word.
  7. Die komitee is verantwoordelik vir ‘n begroting wat deur Media vir Christus / Kanaal 7 in samewerking met die komitee daargestel is.  Hierdie begroting  sal op ‘n maandelikse basis gemonitor word met verslagdoening aan Media vir Christus / Kanaal 7 bestuur.
  8. Die komitee is verantwoordelik om aksies van Media vir Christus / Kanaal 7 te loods en te dryf.  Hierdie aksies sluit in die jaarlikse Radiothon, die skou verteenwoordiging, besoeke van sprekers en kunstenaars en enige ander aksie wat deur Media vir Christus / Kanaal 7 of die komitee self geloods mag word.
  9. Die komitee is verantwoordelik dat die publiek in hul omgewing bewus is van Media vir Christus / Kanaal 7.
  10. Die komitee sal help met die deurgee van nuuswaardighede na die ateljee of nuuskantoor.
  11. Die komitee sal verantwoordelik wees om ten minste 2 maal ‘n jaar ‘n geleentheid te reël waar die komitee Media vir Christus / Kanaal 7 bestuur en die luisteraars bymekaar kan kom om te gesels oor die visie van Media vir Christus / Kanaal 7.
  12. Die senderkomitee sal maandeliks of voor ‘n projek ‘n vergadering hou met notule en verslag aan Media vir Christus / Kanaal 7.
 
< Prev   Next >

Brought to you by Trumpet International