|
Kanaal 7 is die Privaat Radiostasie van Media vir Christus.
Kanaal 7 is ‘n Gemeenskapsradiostasie wat bestuur en bedryf word op Christen beginsels volgens die Bybel.
Volgens statistiek wat wêreldwyd publiseer word is meer as 90% van die Namibiese bevolking Christene.
Kanaal 7 streef daarna om ‘n hoë gehalte uitsending aan te bied deur professionele goed ingeligte en toegewyde omroepers.
Media vir Christus is ‘n Maatskappy sonder winsbejag, geregistreer onder artikel 21 van die Maatskappye wet (Registrasie nommer 21/82/034).
Kanaal 7 was die eerste privaat radiostasie in Namibië en het op 6 Desember 1993 begin uitsaai.
Daar bestaan geen onafhanklike luisteraarsnavorsing in Namibië nie.
Kanaal 7 saai op 25 FM senders landswyd uit en bereik meer as 37 dorpe en gemeenskappe.
Kanaal 7 saai in Afrikaans, Engels, Duits en Oshiwambo uit.
Daar is daagliks tussen 05:30 en 06:00 ’n Duitse program en saans tussen 18:00 en 22:00 word daar op die een Windhoek sender, Walvisbaai, Lüderitz, Oranjemund, Swakopmund, Oshakati en Ondangwa ’n parallele Oshiwambo diens aangebied uit ’n spesiaal ingerigte ateljee.
Die Kanaal 7 luisteraars is hoofsaaklik 30 jaar en ouer.
Kanaal 7 se luisteraars is die mees lojale luisteraars as veral in ag geneem word dat senders deur die gemeenskappe self opgerig word. Die gemeenskap is verantwoordelik vir die insameling van die totale kapitale koste van ’n sender.
Luisteraars val hoofsaaklik in die LSM 6 tot 10 groep. (LSM Living Standards Measurement: LSM 1 baie laag -10 baie hoog)
Musiek bestaan uit 50% Christelike (Gospel) en 50% sekulêre musiek.
Programme word saamgestel rondom omroepers en nie noodwendig rondom onderwerpe nie.
Kanaal 7 beskik oor ’n professionele nuuskantoor wat behalwe eie berigte gebruik maak van Reuters, Sapa en andere deur Nampa sowel as Penorent‚ ’n nuusorganisasie in Suid Afrika.
Nuusbulletins word elke uur uitgesaai behalwe in spitstye wanneer daar halfuurliks uitgesaai word.
’n Baie hoë premie word geplaas op die korrektheid en akkuraatheid en betroubaarheid van Kanaal 7 nuusbulletins.
Aanbiedings is so ver moontlik aktueel en relevant en moeite word gedoen om luisteraars se behoeftes te bepaal en aan te spreek.
Kanaal 7 is met verskeie gemeenskapsprojekte betrokke soos Loslitdag, Week van Barmartigheid en vele ander.
Kanaal 7 se seinverspreidings strategie berus op ’n beleid waardeur die meeste moontlike mense bereik moet word. Daarom dan ook dat senders eerder buite dorpe op berge opgerig word in plaas van binne dorpe.
Kanaal 7 bly verbind tot die onderneming om so ver moontlik die hele Namibië met die Kanaal 7 sein te bereik.
 Neal van den Berg Besturende Direkteur MvC / Kanaal 7
|