November 22nd, 2007
Kort CV:
Gebore in Usakos op 30 April 1960.
Verhuis na Windhoek op 2 jarige ouderdom.
Gaan in Windhoek skool.
Kry Laerskool Cravenweek – asook Hoërskool Cravenweek span (Kaptein).
Kry ook SWA Krieket- en Atletiek span.
Matrikuleer in 1979 in WHS.
Studeer 4 jaar aan die Windhoekse Onderwys Kollege.
Studeer verder deur UNISA en behaal sy B.Ed graad in 1993.
Begin sy onderwys loopbaan by Orban Laerskool in 1986 en toe in WHS.
1991 – 1992 studeer hy sport in Duitsland – spesialiseer in atletiek.
Word toe 1993 dosent aan die Windhoekse Onderwys Kollege en is sedert 1997 n Sport Konsultant.
Was 10 jaar verbonde aan die Sportraad en is sedert 1994 lid van die Namibiese Olimpiese komitee.
Het as Tegniese bestuurder 2 Olimpiese Speles, 3 Wêreld Speles, 1 Afrika Spele en 2 Statebond Speles bygewoon.
Is tans ‘n vlak 2 dosent van die IAAF en kursus direkteur vir die IOK.
Quinton is getroud met Benita (Burger) van Maltahöhe.
Hy het 3 kinders, nl.Ibarto (21 jaar – 2e jaar student by Pneumatix en studeer sy BTH graad), Quinita (gr. 10 in WHS) en Benton (gr. 8 in WHS)

Posted in Die Amptelike Quinton-Steele Botes Blad | Comments Off
November 22nd, 2007
Agtergrond van siekte:
Maak van Oktober 2006 sy ribbes aanmekaar seer.
Augustus 2007 pyn sy rug vreeslik nadat hy van Oshakati af gery het.
Gaan dokter toe vir plate en bloedtoetse.
Op 20 September 2007 word Quinton gediagnoseer met Mielomatose (Multiple Myeloma) – Beenmurgkanker. (Hul vermoed dat die kanker al ‘n geruime tyd in sy liggaam is)
Quinton se getuienis:

Ek is van nature positief. Ek glo die lewe is ‘n lied wat voluit gelewe moet word asof dit die laaste dag is, want … eendag gaan dit die laaste dag wees. Die Bybel praat dat God vir ons n VREDE sal gee wat enige menslike verstand te bowe sal gaan. Dit is die vrede wat ek ervaar het toe dr.
Zietsman die ontstellende nuus aan my oorgedra het. Vir n oomblik wou Satan my vrede omsit in vrees, maar ek het dit onmiddellik afgesny. En die VREDE wat God beloof, het my tot vandag toe nog nie begeef nie.
En het Satan nie die afgelope 2 maande hard probeer om hierdie vrede te steel nie!!
Eerstens het hy my aangeval met n maagvirus, sodat ek heeltemal ontwater het. Ek het so n laagtepunt bereik waar die duiwel my wys gemaak het dat ek baie maklik sou kon oorgee. Ek het gedink dat ek te swak was om te bid, maar het al my krag bymekaar geskraap en vir Lucifer en al sy trawante in Jesus naam bestraf.
Tweedens het hy my bloed aangeval en het ek inwendig begin bloei, omdat my bloed te dun was. (Die INR telling wat tussen 2 – 4 moes wees, was 10,4) ‘n Paar dae daarna was my bloed weer te dik (1.4) en verloor ek amper my linkerduim. Toe val hy my aan met neusbloeding – partykeer sommer 3 ure aanmekaar. Die neusbloeding het veroorsaak dat ek middeloorontsteking gekry het wat weer omgesit het in n abses.
My oor is opereer en my neus is gebrand. Die spesialis het gese dat dit een van die ergste gevalle is wat hy nog behandel het. Dit gaan weer beter. Al wat sleg is, is dat my HB weer af is na 9.9.
Ten spyte van die baie pille wat ek moet drink en die newe-effekte van die medikasie, bly ek positief, die lewe n lied en is daar elke dag iets om voor dankbaar te wees. Ek lewe my droom en “God is my dream maker”.
Ek eer God vir elke dag, want elke dag het sy eie stuk genade!!
Posted in Die Amptelike Quinton-Steele Botes Blad | 1850 Comments »