Dinsdag, 7-September-2010
4:08:am


Kobus van Zyl van Warmbad-omgewing
Samaritaan
Dialise : Kobus van Zyl

Ons het in ons omgewing vir Kobus van Zyl.  Hy is getroud, het nie kinders nie en is 47 jaar oud.

Hy het 5 – 6 maande gelede die gebruik van beide sy niere verloor en sy gesondheidstoestand het die afgelope tyd geweldig versleg.  Hy was ‘n maand gelede in Windhoek waar volledige toetse gedoen is waarna hy huistoe gestuur is.

Al wat sy lewe kan red of ‘n mate van lewenskwaliteit aan hom kan teruggee is voltydse dialisie.  Hy beskik nie oor die fondse nie en behoort nie aan ‘n mediese fonds nie omdat hy dit nie kan bekostig om aan te sluit nie.

Hy benodig N$35 000,00 per maand vir dialise.  Die dokters wil nie met dialise begin as hy nie die waarborge kan voorsien dat hy voltyds, drie maal per week se dialise kan betaal nie.  Ons het reeds ‘n fonds vir hom in ons gemeente gestig en beskik tans oor ongeveer N$25 000,00.  Die fonds is geopen by:

Bank Windhoek Karasburg.
Rekeningnommer:                  2000222012
Kode:                                     481-271

Kan u ons op enige manier asseblief help?

Ek gee my volle kontak besonderhede.
Ds Johann Combrinck
Gemeente Warmbad
Telefoonnommers:    Pastorie Warmbad:                  063-269109
                                  Pastorie Noordoewer:             063-297107
                                  Selnommer:                             081 295 3090


Hits : 1703



Powered by UHP2 1.3.1 - Free version please visit our site to upgrade
© Copyright 2006 Ravenswood IT Services

Brought to you by Trumpet International