Image
________________________
Luister na K7 Radio
Image
________________________
Nuwe
Image

 
Gramadoelas Fotowenke

Gramadoelas 

Fotowenke : Fotowenke

By Gramadoelas besef ons maar te goed dat wanneer jy van ‘n toer af terug kom wil jy fotos hê wat jou kan herinner aan al die mooi wat jy beleef het. Maar dis nie altyd net op toere waar jy fotos neem nie. Dis soms die familie, dis ‘n gebeurtenis, dis dalk jou troeteldier. Daar is genoeg om jou besig te hou met jou kamera. Maar hoekom lyk sommige mense se fotos net beter as ander s’n. Iets laat jou net 2 keer kyk.

Gramadoelas het vir Paul van Schalkwyk, wat al baie jare fotos neem en baie toekennings gekry het op hierdie gebied, gevra om te help. In die volgende klompie weke gaan Paul fotos wat deur ons luisteraars ingestuur is gebruik as basis om ons Saterdae te help om beter fotos te neem.

U kan u foto aan ons stuur, indien dit gekies word om gebruik te word sal dit op die webblad geplaas word en dan sal Paul op die lug die sterk en swak punte van die foto bespreek.

Stuur u fotos aan This email address is being protected from spam bots, you need Javascript enabled to view it  

Moet nie meer as 5 fotos stuur nie.

Verskaf u naam, die kamara, die lensopening, sluiterspoed en dalk so ‘n 2 sinne agtergrond oor die foto.

Ons programtyd is beperk dus is dit net nie moontlik om al die ingestuurde foto's te hanteer nie.

Foto's wat deur Paul v Schalkwyk bespreek gaan word op die 26ste Julie en die 2 de Augustus, is die volgende:

 

Blou lig met wolkie Klippies
Son Dead Tree

Die fotos is geneem deur Reinier de Bruin

Gaan na ons Foto Album om hierdie fotos in groot te sien


Hits : 1996



Powered by UHP2 1.3.1 - Free version please visit our site to upgrade
© Copyright 2006 Ravenswood IT Services
© 2008 The Home of Channel7
Joomla! is Free Software released under the GNU/GPL License.