Vrydag, 10-September-2010
4:42:pm
4:42:pm
| Verklaring van Geloof |
|
|
|
| Written by k7 | |
| Monday, 12 December 2005 | |
VERKLARING VAN GELOOFKanaal 7 onderskryf die volgende Verklaring van Geloof en verbind hom daaraan vir alle uitsendings: 1. Ons glo in God Drie-enig, een Wese maar drie Persone, Vader, Seun en Heilige Gees. 2. Ons glo dat God, die Vader, die Skepper en Onderhouer van die heelal is. 3. Ons glo dat Jesus Christus die Seun van God is, dat Hy gebore is uit die maagd Maria, gely het, gesterf het, liggaamlik uit die dood opgewek is, opgevaar het na die Hemel en tans aan die regterhand van God sit vanwaar Hy weer sal kom. 4. Ons glo dat God die Heilige Gees as Persoon deur Sy inwoning in ons harte, ons Heiligmaker, Leraar, Vertrooster en Voorspraak is en Sy getuies toerus met Sy Gawes. 5. Ons glo dat die Bybel die enigste geïnspireerde Woord van God is. 6. Ons glo dat die mens van nature sondig is en sonder die wedergeboorte en bekering God nie sal sien nie. 7. Ons glo dat God die wedergeboorte deur Sy Woord en Gees bewerk en so vir Hom ‘n Kerk op aarde versamel om Hom te dien en te eer. Die middel waardeur ons dit wat God aan ons skenk vir onsself toe-eien, is geloof in Jesus Christus as Saligmaker en Verlosser. Selfs die geloof is ‘n gawe uit Sy hand. 8. Ons glo dat God ons as Sy kinders geroep het om die Evangelie aan die ganse wêreld te verkondig, onder die leiding van die Heilige Gees. 9. Ons glo dat God, die wat in Jesus Christus glo, die ewige lewe skenk, en dat die wat nie glo nie, die ewige verderf sal ingaan. Voetnota: met “Kerk” word bedoel die versameling van gelowiges en nie ‘n kerkdenominasie nie. |
|
| Last Updated ( Tuesday, 09 June 2009 ) |
| < Prev | Next > |
|---|



