4:39:pm
| Uitsaaibeleid |
|
|
|
| Written by k7 | |
| Monday, 12 December 2005 | |
UITSAAIBELEID1. Kanaal 7 bied aan leraars, ampsdraers en lidmate wat die Verklaring onderskryf, op uitnodiging die geleentheid om mee te werk aan die verkondiging van die Woord deur boodskappe, getuienisse, sang, musiek, ens.. 2. Kanaal 7 wil die Kerk van Jesus Christus tot diens wees en sal altyd probeer om mense hegter aan die Woord te bind en geestelike groei te stimuleer. 3. Wanneer onderhoude met persone uit kerke gevoer word mag die geleentheid nie misbruik word vir reklame vir of teen ‘n kerk nie. 4. In uitsendings, moet noulettend op die volgende gelet word: 4.1 Dit moet binne die missie van Kanaal 7 val. 5. Kanaal 7 behou hom die reg voor om alle programme wat uitgesaai word na goeddunke te keur en te redigeer volgens sy Beleid en Verklaring van Geloof. 6. Elke aanbieder van Kanaal 7 en programdeelnemer moet die Verklaring van Geloof volkome onderskryf en hom/haar deeglik vergewis van die uitsaaibeleid. 7. Die musiek wat gespeel word, moet aan die Verklaring van Geloof voldoen. 8. Kanaal 7 streef na die hoogste mate van professionaliteit ten opsigte van inhoud, aanbieding en tegniese afronding in uitsendings. 9. Indien daar enige twyfel oor ‘n uitsending, aanbieder of aanbieding bestaan, besluit die Dagbestuur van die Direksie finaal daaroor. 10. Ons uitsendings is beide geestelik en sekulêr omdat ons glo ons is nie van die wêreld nie, maar in die wêreld en dra so ons getuienis uit sonder om lewensvreemd te wees. |
|
| Last Updated ( Tuesday, 09 June 2009 ) |
| < Prev | Next > |
|---|



