VRAE EN ANTWOORDE
- Wat is die oorsprong van Kanaal 7:
Kanaal 7 is die radiostasie van Media vir Christus. Die eerste uitsendings van Kanaal 7 het plaasgevind op 6 Desember 1993. Die stasie is gestig om inwoners van Namibië met die Evangelie van Jesus te bereik in aanvulling van die werk van Media vir Christus.
- Wie en wat is Media vir Christus:
Media vir Christus is in 1982 gestig deur
- Waarom is die Organisasie gestig:
Die doel van MvC/Kanaal 7 is om die Evangelie van Jesus Christus deur die moderne media te verkondig. Daar is ‘n duidelike behoefte aan ‘n media organisasie wat vanuit ‘n Christen perspektief die hele behoefte van die luisteraars
- Waarom nie net Christelike musiek en boodskappe nie:
Dit is belangrik om luisteraars voortdurend by die stasie ingeskakel te hou. Navorsing het bewys dat luisteraars, ook Christen luisteraars, ‘n behoefte het aan die jongste nuus, sport gebeure, daaglikse aktualiteit en ‘n verskeidenheid musiek anders as net Christelike musiek.
Dit sou vir Kanaal 7 onaanvaarbaar wees om ‘n stasie daar te stel waarop mense slegs inskakel wanneer hulle ‘n behoefte het aan ‘n Christelike boodskap of musiek.
Kanaal 7 glo dat die effektiwiteit groter is indien daar ‘n professionele radiostasie gevestig word vanwaar ‘n platvorm geskep word om die Christenboodskap uit te dra. Kanaal 7 probeer nie om ‘n kerk of enige iets anders te wees as slegs ‘n radiostasie nie.
- Waarom nie meer preke en getuienisse deur die dag nie:
Navorsing het bewys dat ‘n baie klein hoeveelheid van ons luisteraars lang tye onafgebroke voor die radio
- Hoe word MvC/ Kanaal 7 bestuur:
MvC is geregistreer onder die Maatskappye Wet as ‘n artikel 21 Maatskappy. Met ander woorde ‘n Maatskappy sonder winsbejag. Die Maatskappy word beheer deur ‘n Raad van 8 Direkteure wat deur bestaande Direkteure op uitnodiging aansluit. Die dag tot dag sake word deur ‘n Bestuur en Besturende Direkteur hanteer.
- Hoe word finansiële aspekte gekontroleer:
Die Maatskappye Wet bepaal dat daar behoorlike finansiële bestuur sal plaasvind en dat alle finansiële dokumentasie en transaksies jaarliks geouditeur word. Die huidige Ouditeure vir die afgelope 15 jaar is PriceWaterhouseCoopers
- Hoe word MvC/Kanaal 7 gefinansier:
Daar is 2 hoofbronne van inkomste naamlik donasies en advertensies. Donasies
- Watter verbintenisse het MvC/Kanaal 7 met buitelandse organisasies:
Hoewel daar in die verlede organisasies was wat bydraes gemaak het tot die instandhouding van die organisasie, het MvC/Kanaal 7 geen verbintenis met enige buitelandse organisasie of kerk nie.
- Wat kos dit om die organisasie op die lug te hou:
5 Miljoen Namibiese Dollar per jaar.
- Hoe bepaal Kanaal 7 waar nuwe senders opgerig word:
Die gemeenskap van ‘n sekere dorp besluit of daar ‘n behoefte is aan ‘n Kanaal 7 sender, dan word daar ‘n kommitee saamgestel wat die organisasie doen en fondse insamel. Na ‘n tegniese inspeksie en beplanning word die plek bepaal. Sodra die nodige fondse en wetlike aspekte afgehandel is,
- Waarom word daar nou in Owambo uitgesaai:
Die Ovambo bevolking maak bykans 50% van die Namibiese bevolking uit. Daar word bykans geen Evangelie aan hulle uitgesaai nie. Indien daar in gedagte gehou wat die invloed van hierdie een bevolkingsgroep in Namibië is en ons is ernstig met die verkondiging van die Evangelie, is daar geen ander alternatief as om dringend hierdie behoefte aan te spreek in opdrag van die Woord van God nie.




