Recipes
Gebakte Omelette Stapel
Donderdag, 03 Maart 2011
Description
Genoeg vir 4
Vir die Omelette:
8 eiers
½ koppie melk
- Klits die eiers saam met die melk.
- Verhit ‘n bietjie botter in ‘n pan, gooi ‘n bietjie van die eiermengsel by, net genoeg om die bodem van die pan te bedek.
- Laat die omelette gaar word, keer uit die pan en herhaal totdat die mengsel op is.
Vir die Spinasie-Feta Vulsel:
200g spinasie blare
200g feta, gekrummel
1 knoffelhuisie, fyngekap
¼ koppie room
Swart peper en seesout na smaak
- Gooi kookwater op die spinasie blare en laat dit verwelk. Dreineer die water af, druk die blare droog en kap dan in growwe stukke.
- Verwerk die spinasie blare saam met die feta, room en knoffel. Geur na smaak.
Vir die Tamatiesous:
1x400g blikkie gekapte Italiaanse tamaties
1/3 koppie room
See sout en vars gemaalde swart peper
- Laat die blikkie tamati prut oor ‘n matige hitte totdat die water verdamp het en die tamatie mengsel begin verdik.
- Voeg nou die room by, geur na smaak en laat weer ‘n bietjie verdik.
Smeer elke omelette met ‘n bietjie van die spinasie mengsel, plaas dan ‘n volgende omelette bo-op. Plaas in ‘n gesmeerde oondbak. Herhaal die proses tot al die omelette opgebruik is, eindig op die boonste omelette met die tamatie sous.
Bak vir 20 minute by 180°C, sny dan in skywe en bedien met slaai en brood.
Ingredients
Category: 6 uur Tuis, half 7 eet
Back to recipiesDeveloped by Scrida Prest

