BESTUUR

kanaal-7-bestuur

Neal
Vertel ons van jouself (Jou naam, Jou gunsteling kos, waar kom jy vandaan, hoe lank werk jy by Kanaal 7, stokperdjie waarvan niemand weet nie)

Ek werk byna my hele lewe lank nog by MvC / Kanaal 7. Nee darem nie heeltemal nie maar reeds sedert 1978.  Dit bly steeds vir my ‘n voorreg en ten spyte van, of dalk as gevolg van,  vele uiteenlopende uitdagings, geniet ek dit steeds om my verantwoordelikhede daagliks na te kom. Ek dink dit is werklik ʼn voorreg om die geleentheid te kan hê om jou lewe te wy aan ʼn bediening soos Kanaal 7 Media Netwerk vir Christus.

Ek is getroud met Hermien Louw, ook ʼn  Windhoeker, met drie kinders deur die huis. Die oudste seun is getroud en het twee seuns en ʼn dogter. Die tweede seun en dogter is nie getroud nie.

Ek is gebore in Windhoek, hier en in die Paarl skoolgegaan en aan die Kaapse Technikon (Destydse naam) gestudeer asook in Olifantsfontein.

Gunsteling gereg is verseker my vrou Hermien se kerriebredie en basaarpoeding, natuurlik met jellie en tuisgemaakte vla, skilletjie en al.

Stokperdjies, is maar min maar as daar tyd sou wees,  sou ek graag tyd wou spandeer aan ʼn bietjie houtwerk,  fotografie en lees.

Wat is die eerste ding wat jy in die oggend doen as jy jou oë oopmaak –

Ek wonner wie se wekker het my nou wakker gemaak.

Wat is jou gunsteling Afrikaanse woord –

Dankie

Wie is jou rolmodel –

Dawid en Petrus

Wat doen jy by Kanaal 7 –

Kyk dat almal hulle werk doen

Wat is jou sterk/ swak punte –

Deursettingsvermoeë /  Ongeduld en Uitstel

Wat geniet jy die meeste van jou werk –

Die kreatiewe uitdagings

Wat doen Kanaal 7 vir ons land en oor grense heen –

Dis ʼn passie dat ons luisteraars Jesus sal leer ken, ʼn verhouding met hom sal hê en sal besef dat Christenskap nie ʼn godsdiens is nie maar ʼn leefwyse en ʼn verhouding met Jesus Christus.

Stefan
Vertel ons van jouself (Jou naam, Jou gunsteling kos, waar kom jy vandaan, hoe lank werk jy by Kanaal 7, stokperdjie waarvan niemand weet nie)

Stefan Saayman, Kerrie-kos, Diep suide van Namibia, een jaar, lees. Ek werk sedert November 2015 by Kanaal 7.  Dit is `n besondere voorreg om deel te mag wees van hierdie besondere instansie – om te mag help dra aan die Boodskap van Verlossing deur Jesus Christus.

Ek kom uit `n onderwys agtergrond en geniet dit steeds om my gawe van onderrig aan te wend om waarde toe te voeg in mense se lewens, wanneer ek geleentheid kry.

Om rondom `n vuurtjie, êrens in die Namib te sit met donkermaan, die stilte te ervaar en veral om die sterreprag te kan bewonder, bly vir my `n hoogtepunt.

As Christen sal Jesus altyd vir my die toonbeeld wees van `n volmaakte lewe.  In terme van mense, bemoedig Morris Goodman my altyd.  Iets wat ek by hom geleer het: Moenie toelaat dat negatiewe invloede van ander mense of situasies jou lewenskwaliteit bepaal nie.

My Leuse: Vandag is die eerste dag van die res van my lewe.

Beskryf jouself in een woord –

Olifant

Wat is die eerste ding wat jy in die oggend doen as jy jou oë oopmaak –

Koffie

Wat is jou gunsteling Afrikaanse woord –

Tweebuffeslmeteenskootmorsdoodgeskietfontein

Wie is jou rolmodel –

Morris Goodman

Wat doen jy by Kanaal 7 –

Algemene en Program Bestuurder

Wat is jou sterk/ swak punte –

Sterk: hardwerkend en toegewyd 

Swak: A-sosiaal, hardkoppig, ongevoelig

Wat geniet jy die meeste van jou werk –

In diens van God se Koninkryk

Wat doen Kanaal 7 vir ons land en oor grense heen –

Bedien mense met die Boodskap van Hoop.

Mary-Anne
Vertel ons van jouself (Jou naam, Jou gunsteling kos, waar kom jy vandaan, hoe lank werk jy by Kanaal 7, stokperdjie waarvan niemand weet nie)

My naam is Delicia Mary-Anne Tise, my gunsteling kos is kerrie afal en pot brood.

Ek is vanaf 1 Oktober 2010 deel v/d kanaal 7 familie. Werk dus 6 jaar.  

In my vrye tyd bestuur ek my eie Gasteplaas en geniet dit om my kliënte te bedien.   

Ek het 5 kinders; 4 seuns en 1 dogter en is ‘n lid van die Vereningende Gereformeerde kerk, Khomasdal.

Ek wil graag oor 5 jaar my eie Boot besit.

Beskryf jouself in een woord –
  1. ..
Wat is die eerste ding wat jy in die oggend doen as jy jou oe oopmaak –

Ek drink water en sê dankie vir ons Hemelse vader vir nog ‘n dag.

Wat is jou gunsteling Afrikaanse woord – 

Dankie en Asseblief

Wie is jou rolmodel –

My Moeder..

Wat doen jy by Kanaal 7 –

Ek is die Finansiële en Admin Bestuurder

Wat is jou sterk/Swak punte –

Sterk punte

  • Praat altyd die waarheid
  • Goeie bestuurs en syfer vaardighede
  • Hard werkend
  • Betroubaar
  • Toon respek teenoor ander
  • Aanvaar verantwoordelikheid vir eie optrede

Swak punte

  • Vertrou ander te maklik
  • Nie geduldig nie
  • Maak nie tyd vir pret nie
  • Spandeer te min tyd met my kinders
Wat geniet jy die meeste van jou werk –

Hard work is painful when life is devoid of purpose. But when you live for something greater than yourself and the gratification of your own ego, then hard work becomes a labor of love.”

Ek weet nie wie het bognoemde aangehaal nie, maar ek geniet elke faset van my werk omdat syfers my passie is.  Tweedens dit wat ek doen is nie vir myself nie, maar tot eer van die Here wat my geroep het.

Wat doen Kanaal 7 vir ons land en oor grense heen –
  • Kanaal 7 doen baie.. en ja ons maak ‘n verskil in mense se lewens, met die verkondiging van  die blye boodskap, bring ons hoop aan mense wat hopeloos is.  Dit word weerspiel in die talle  briewe en sms’se wat ons ontvang van orals af.  Hierdie  getuienisse maak dit wat ons doen die moeite werd!
  • Die lekkerste deel van my werk is wanneer ons die 10des aan die welsyns organisasies moet uitbetaal na Radiothon, Telethon en ander geleenthede. Kanaal 7 word geseen en dis lekker om deel te wees van ‘n span wat weer vir ander tot seen kan wees.

Magda
Vertel ons van jouself (Jou naam, Jou gunsteling kos, waar kom jy vandaan, hoe lank werk jy by Kanaal 7, stokperdjie waarvan niemand weet nie)

Magda Schlechter, gebore Keetmanshoper, enige tuisgemaakte dis met ‘n heerlike vleisie in, poedings, koeke (en hoe baie plek het ek?)

Ek werk nou al 3 jaar vir K7. Baie lief vir hokkie en sommer enige iets waar ek so bietjie kan rondhardloop.

Beskryf jouself in 1 woord –

Vasbyter!

Wat is die eerste ding wat jy in die oggend doen as jy jou oe oopmaak –

Koffie

Wat is jou gunsteling Afrikaanse woord –

dis bitter nice! (cool & awesome ook – dan verklap ek my ouderdom)

Wie is jou rolmodel –

Joyce Meyer

Wat doen jy by Kanaal 7 –

Projekte bestuurder

Wat is jou sterk/ swak punte –

deursettingsvermoë / ongeduldig 🙁

Wat geniet jy die meeste van jou werk –

om te organiseer

Wat doen Kanaal 7 vir ons land en oor grense heen –

Die verantwoordelikheid is so groot, om hierdie medium wat ons het positief te gebruik om in almal wat ons hoor se lewens lewe te spreek en ook ‘n medium te wees wat mense se lewens daagliks verander. Ek glo en vertrou dat ons ook ‘n positiewe invloed in ons buurlande sal hê wat lewensveranderend  sal wees in hulle gemeenskappe.

Gerhard
Vertel ons van jouself (Jou naam, Jou gunsteling kos, waar kom jy vandaan, hoe lank werk jy by Kanaal 7, stokperdjie waarvan niemand weet nie)

My volle naam is Gerhard Jacobus Kirsten. Ek het groot geword in ʼn klein Dorp met die naam Kombat en toe verder my Hoërskool loopbaan in Grootfontein voltooi. Ek werk nou al ongeveer 5 jaar by Kanaal 7.  Een van my Stokperdjies wat nie so baie mense van weet nie is Bonsai Bome, ek dink daar is ʼn tiepe van terapie om met jou hande in grond te werk en met plante.

Beskryf jouself in 1 woord:

Avontuurlustig

Wat is die eerste ding wat jy in die oggend doen as jy jou oe oopmaak:

Koffie maak 😉

Wat is jou gunsteling Afrikaanse woord:

Dankie

Wie is jou rolmodel:

Daar is so baie rolmodelle maar sekerlik is enige seun se pa sy grootste en eerste rol model.

Wat doen jy by Kanaal 7:

Ek is die Tegniese Bestuurder, my werk is om met my span seker te maak Kanaal 7 se uitsending en klank is van die hoogste gehalte. Dit behels om al ons senders op die lug te hou, ons rekenaar netwerk en uitsaai program in stand te hou en reg te bestuur, Kanaal 7 se Uitsaai en Produksie Ateljees in die beste werkende toestand te hou en laaste maar nie die minste ons gebou en infrastruktuur se instandhouding te bestuur.

Wat geniet jy die meeste van jou werk:

Om te hoor as ʼn luisteraar of kliënt se hoe baie hulle Kanaal 7 geniet of dit wat hulle uit kanaal 7 kry deer te luister na ons en dan te weet ek speel n rol om dit te vir seker aan ons luisteraars en kleinte.

Wat doen Kanaal 7 vir ons land en oor grense heen:

Gee mense hoop

Tresa
Vertel ons van jouself
Jou naam –

Tresa Hanekom (née Van Dyk)

Jou gunsteling kos –

Huiskos

Waar kom jy vandaan –

Ontwerp in die Hemel en gemaak in Empangeni

Hoe lank werk jy by Kanaal 7 –

Nog voor die eerste uitsending op 6 Desember 1993

Stokperdjie waarvan niemand weet nie –

Fliekvlooi

Beskryf jouself in 1 woord –

Eksak

Wat is die eerste ding wat jy in die oggend doen as jy jou oe oopmaak –

Ek soek my bril

Wat is jou gunsteling Afrikaanse woord –

Jana

Wie is jou rolmodel –

My bankbestuurder

Wat doen jy by Kanaal 7 –

Skryf rooi penne leeg

Wat is jou sterk/Swak punte –

Ek is ‘n dankbare introvert

Wat geniet jy die meeste van jou werk –

My kliënte

Wat doen Kanaal 7 vir ons land en oor grense heen –

Die verkondiging van HOOP

Paulus
Tell us about yourself:

My name is Simon Paulus; I was born in the Oshakati in Oshana region in Onawa village. What I like to it is mostly vegetables. I have been working in Channel 7 five years now.

About my self-description:

humbleness

First thing I do in the morning:

is to pray thank God for a new day, ask for strength and protection

My favorite Afrikaanse word:

is just to say “thank you”.

My role model:

is my first Manager Nestor Uutoni

What I do at Channel 7:

Lead by example “Oshiwambo Acting Manager”

My strength:

is my determination to do the best despised the challenge

What I enjoy about my Job:

Is Just to inspire my colleague to give out their best.

Channel 7 to our country and across borders:

Is a voice of God to the nation