Die kleinseun van wyle oudpresident Nelson Mandela, Mandla Mandela, het Meghan Markle gekritiseer oor opmerkings wat sy in ‘n onderhoud met Cut gemaak het. Markle beweer ‘n manlike Suid-Afrikaanse lid van die Lion King se rolverdeling het aan haar gesê Suid-Afrikaners het haar huwelik met prins Harry op dieselfde manier gevier as Mandela se vrylating uit die tronk in 1990. Mandela sê sy oupa se viering het gegaan oor 350 jaar se kolonialisme en 60 jaar onder ‘n brutale apartheidsregering, daarom kan die twee nie vergelyk word nie.
Artikel Titel

Categories: