Kanaal 7 Nuus Artikel Titel

Artikel Titel

Artikel Titel post thumbnail image

Twee ekstensiewe pionier-melkboere van Gobabis, Japie Engelbrecht en Hennie van Niekerk, is tydens die jaarlikse dinee en prysoorhandiging van die Suiwelprodustevereniging vereer vir hul ononderbroke bydraes tot die bedryf wat gesamentlik 94 jaar beloop. Agriforum berig die goeie nuus van hul uittrede is dat hul nasate melkproduksie gaan voortsit. Engelbrecht het 24 jaar lank as SPV-voorsitter gedien en tydens sittings van die Namibië Landbou Unie se uitvoerende raad sake en probleme van die suiwelbedryf deurdag voorgelê. Hy sê ’n hoogtepunt in sy loopbaan sou wees as hy iets vir die produsent kon beding – presies dit waarop hy hom toegespits het. Sy pa Koos het in 1960 die Kroonster-melkery begin en Engelbrecht het in 1972 toegetree. Ná ’n produksieleeftyd van ’n halfeeu roep hy nou halt om die leisels aan sy twee seuns, Koos en Japie Jr, oor te gee.

Leave a Reply

Related Post