Meer oor Kanaal 7

Kanaal 7 is die privaat radiostasie van Medianetwerk vir Christus. Dis ‘n gemeenskapsradiostasie wat bestuur en bedryf word op Christen beginsels volgens die Bybel.  Ons streef daarna om ‘n hoë gehalte uitsending deur professionele goedingeligte en toegewyde omroepers aan te bied.

Medianetwerk vir Christus is insake die Maatskappyewet geregistreer as ‘n Artikel 21-maatskappy sonder winsbejag. Kanaal 7 was die eerste privaat radiostasie in Namibië en het op 6 Desember 1993 begin uitsaai en vier hierdie jaar sy 30ste bestaansjaar.

Ons saai uit op 35 senders landswyd uit, bereik meer as 43 dorpe en gemeenskappe en saai in Afrikaans, Engels, Duits en Oshiwambo uit. Daagliks tussen 05:30 en 06:00 is daar ’n Duitse program en saans tussen 18:00 en 22:00 skakel ons oor na die Oshiwambo diens op die 104.5FM Windhoek sender, Walvisbaai, Lüderitz, Oshakati en Ondangwa na ’n spesiaal ingerigte ateljee.

Kanaal 7 se luisteraars is lojale luisteraars, nemend in ag dat senders deur die gemeenskappe self opgerig is. Die gemeenskap is verantwoordelik vir die insameling van die fondse wat die totale kapitale koste van ’n sender dek.

Ons is verantwoordelik vir die instandhouding en kragtoevoer na die sender. Luisteraars val hoofsaaklik in die LSM 6 tot 10 groep. (LSM Living Standards Measurement: LSM 1 baie laag -10 baie hoog). Musiek bestaan uit 50% Christelike (Gospel) en 50% sekulêre musiek.

Daar word ’n baie hoë premie geplaas op die korrektheid, akkuraatheid en betroubaarheid van nuus bulletins.  Internasionale instansies soos Reuters, Bulletin, Newskoop en Al Jazeera word gebruik as hoof bronne van inligting. Aanbiedings is so ver moontlik aktueel en relevant en moeite word gedoen om luisteraars se behoeftes te bepaal en aan te spreek.

Gemeenskapsprojekte dek ‘n groot deel van ons bediening en betrokkenheid by ons mense (of publiek) soos Loslitdag, Radiothon, Kusuitsendings en vele ander. Tiendes is al geskenk aan (die) Quinton Steel-Botes Fonds, Hope for Life, Crown Financial Ministries, Hope Village Trust en Shelter for Abused Women & their Children, om maar net ‘n paar te noem.

Kanaal 7 Medianetwerk vir Christus maak gebruik van 24/7 internet stroom en is beskikbaar via die Web, slim- en android-fone. Luisteraars word wêreldwyd daagliks met van nuusflitse, lewendige ateljeegesprekke tot in-diepte onderhoude bedien. Spesiale uitsendings word deur middel van die internet en sosiale media gerig.  Ons hou by ons onderneming om so ver moontlik die hele Namibië met die Kanaal 7 sein te bereik.

Ons Visie

Om siele vir Christus te wen
deur die moderne media.

Ons Missie

Kanaal 7 is ‘n betroubare, toonaangewende Christelike uitsaaidiens wat in die soeke na die Koninkryk van God die boodskap van hoop deur Jesus Christus uitdra na gelowiges en nie-gelowiges oral in die wêreld via interaktiewe media.

Ons Waardes

Jesus Christus is ons hoogste gesag – Nie beperk deur kerkgrense nie – Samehorige Span – Rentmeesterskap –  Toegewy – Uitnemend – Integriteit – Omgee

Geloofsverklaring

  1. Kanaal 7 onderskryf die volgende Geloofsverklaring en verbind hom onherroeplik tot die volgende ten opsigte van alle uitsendings:
  • Ons glo in die Heilige Drie-Eenheid: God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees.
  • Ons glo dat God, die Vader, die Skepper en Onderhouer van die heelal is.
  1. Visie en Doelwitte van Kanaal 7:
  • Om die boodskap van HOOP, gegrond in Jesus Christus, deur moderne media oor te dra.
  1. Sending van Kanaal 7:
  • Kanaal 7 is ’n betroubare, toonaangewende Christelike uitsendingsdiens wat, in hul strewe om God se Koninkryk te dien, die boodskap van Hoop deur Jesus Christus aan gelowiges en ongelowiges regoor die wêreld deur interaktiewe media uitsaai.

“Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.” – Matteus 6:33

  • Jesus Christus is ons hoogste gesag;
  • Nie beperk deur kerkdenominasiegrense nie;
  • Samehangende span;
  • Verantwoordelike rentmeesterskap;
  • Toewyding;
  • Uitsonderlike werkstandaarde;
  • Integriteit;
  • Omgee.

Kanaal 7 Media Netwerk vir Christus, wat bestuur word volgens Christelike beginsels soos vervat in die Bybel, beskou sy rol binne die breër gemeenskap as (media) voorspraak wat die Woord van God en dit wat daarin geskryf staan, bevorder. Volgens ons geloofsbelydenis glo ons dat die Bybel die geïnspireerde Woord van God is, en daarom moet ons uitsendings getrou aan die Skrif wees.

Ons glo dat God die mens geskape het, en soos duidelik beklemtoon in Psalm 139:13: “U het my gevorm, my aanmekaar geweef in my moeder se skoot.” Kanaal 7 neem dus ’n pro-lewe standpunt in ten opsigte van die ongebore baba. Die Bybel is ons gids in Lukas 1:15b, waar ons leer van Johannes as ’n ongebore baba: “…en hy sal met die Heilige Gees vervul wees, selfs van die moederskoot af.”

Kanaal 7 kan dus nie die voorgestelde wysiging aan die Aborsiewet ondersteun nie, wat voorsiening maak vir aborsie op aanvraag onder enige omstandighede en in enige stadium van die swangerskap. Ander Skrifgedeeltes wat Kanaal 7 gebruik om sy standpunt te staaf, sluit in Jeremia 1:4-5: “Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy en jou as profeet vir die nasies aangestel.” en Jesaja 49:1: “Luister na My, eilande, en gee aandag, volke wat ver is! Die Here het My geroep uit die moederskoot, van My geboorte af het Hy My naam genoem.”

Kanaal 7 glo dat God die mens geskape het, MAN en VROU. Dit volgens Genesis 1:27-28: “En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape. En God het hulle geseën, en God het aan hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde…”

Daar is egter druk in die samelewing om die gesin te herdefinieer, heel anders as hoe die Woord van God dit definieer. Hierdie druk strek verder tot die definisie van die huwelik, ’n instelling wat deur God bepaal is om die welsyn van kinders te beskerm.

Kanaal 7 glo in die beskrywing van die huwelik soos in die Woord van God in Genesis

2: “Toe sê die man: ‘Hierdie keer is dit een uit myself, een soos ek. Daarom sal sy ‘vrou’ genoem word; sy is uit die man geneem.’ Daarom sal ’n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou woon, en hulle sal een wees.”

Kanaal 7 gebruik dus sy rol as media-voorspraakstrategies om eendersdenkende gemeenskapsorganisasies te ondersteun en gesonde openbare beleid te bevorder, soos vervat in die Namibiese Grondwet.

Uitsaaibeleid

  1. Kanaal 7 bied aan leraars, ampsdraers en lidmate wat die Verklaring onderskryf, op uitnodiging die geleentheid om mee te werk aan die verkondiging van die Woord deur boodskappe, getuienisse, sang, musiek, ens.
  2. Kanaal 7 wil die Kerk van Jesus Christus tot diens wees en sal altyd probeer om mense hegter aan die Woord te bind en geestelike groei te stimuleer.
  3. Wanneer onderhoude met persone uit kerke gevoer word mag die geleentheid nie misbruik word vir reklame vir of teen ‘n kerk nie.
  4. In uitsendings moet nougeset op die volgende gelet word:
    • Dit moet binne die missie van Kanaal 7 val.
    • Stellings wat gegrond is op openbaringe, drome, verskynings, gesigte en visioene sal baie sensitief hanteer word.
    • Kontroversiële dogmatiese strydpunte moet vermy word.
    • Die waarheid van die Evangelie moet sonder skroom gebring word en dwalings wat die basiese waarhede aantas, moet weerlê word.
    • Woordverkondiging word gedoen slegs deur persone wat deur hulle eie kerke daartoe bevoeg erken word.
    • Proselietmakery vir enige kerk of aksie word nie toegelaat nie.
    • Uitlatings wat as rassisties geinterpreteer kan word, word nie uitgesaai nie.
    • Sake waaroor Christene met mekaar verskil, soos grimering, drankgebruik, duiweluitdrywing, karate, ens. moet baie sensitief hanteer
    • Persone en aksies wat as kontroversieel beleef kan word, mag slegs met die skriftelike toestemming van die dagbestuur vir uitsendings gebruik word.
    • Afbrekende kritiek op kerke, groepe en organisasies word nie toegelaat nie.
  5. Kanaal 7 behou hom die reg voor om alle programme wat uitgesaai word na goeddunke te keur en te redigeer volgens sy Beleid en Verklaring van Geloof.
  6. Elke aanbieder van Kanaal 7 en programdeelnemer moet die Verklaring van Geloof volkome onderskryf en hom/haar deegilk vergewis van die uitsaaibeleid.
  7. Die musiek wat gespeel word, moet aan die Verklaring van Geloof
    • Die inhoud moet Skriftuurlik wees.
    • Die woorde moet sover moontlik duidelik hoorbaar wees.
    • Kanaal 7 streef na die hoogste mate van professionaliteit ten opsigte van inhoud, aanbieding en tegniese afronding in uitsendings.
    • Indien daar enige twyfel oor ‘n uitsending, aanbieder of aanbieding bestaan, besluit die Dagbestuur van die Direksie finaal daaroor.
    • Kanaal 7 se uitsendings is beide geestelik en sekulêr omdat ons glo ons is nie van die wêreld nie, maar in die wêreld en dra so ons getuienis uit sonder om lewensvreemd te wees.
    • Kanaal 7 neem standpunt in van pro-lewe van ‘n ongebore baba. Kanaal 7 ondersteun nie die voorgestelde wysiging van die Wet op Aborsie nie, asook die aanvraag op aborsie in enige omstandighede of op enige stadium van die swangerskap nie. (sien Verklaring van Geloof vir meer besonderhede)
    • Kanaal 7 glo dat God die mens, MAN en VROU geskape het en glo in die beskrywing van die huwelik soos in die Woord van God in Genesis 2 dit uiteensit. (sien Verklaring van Geloof vir meer besonderhede

Bestuur Span

Neal van den Berg

Besturende Direkteur

Tersia Bindeman

Hoofbestuurder

Marianne Tise

Bestuurder Finansies, 
Bestuurder Administrasie & Menslike Hulpbronne

Tara

Omroeper & Program Bestuurder