Kanaal 7 is die privaat radiostasie van Medianetwerk vir Christus. Dis ‘n gemeenskapsradiostasie wat bestuur en bedryf word op Christen beginsels volgens die Bybel. Ons streef daarna om ‘n hoë gehalte uitsending deur professionele goedingeligte en toegewyde omroepers aan te bied.
Medianetwerk vir Christus is insake die Maatskappyewet geregistreer as ‘n Artikel 21-maatskappy sonder winsbejag. Kanaal 7 was die eerste privaat radiostasie in Namibië en het op 6 Desember 1993 begin uitsaai en vier hierdie jaar sy 30ste bestaansjaar.
Ons saai uit op 35 senders landswyd uit, bereik meer as 43 dorpe en gemeenskappe en saai in Afrikaans, Engels, Duits en Oshiwambo uit. Daagliks tussen 05:30 en 06:00 is daar ’n Duitse program en saans tussen 18:00 en 22:00 skakel ons oor na die Oshiwambo diens op die 104.5FM Windhoek sender, Walvisbaai, Lüderitz, Oshakati en Ondangwa na ’n spesiaal ingerigte ateljee.
Kanaal 7 se luisteraars is lojale luisteraars, nemend in ag dat senders deur die gemeenskappe self opgerig is. Die gemeenskap is verantwoordelik vir die insameling van die fondse wat die totale kapitale koste van ’n sender dek.
Ons is verantwoordelik vir die instandhouding en kragtoevoer na die sender. Luisteraars val hoofsaaklik in die LSM 6 tot 10 groep. (LSM Living Standards Measurement: LSM 1 baie laag -10 baie hoog). Musiek bestaan uit 50% Christelike (Gospel) en 50% sekulêre musiek.
Daar word ’n baie hoë premie geplaas op die korrektheid, akkuraatheid en betroubaarheid van nuus bulletins. Internasionale instansies soos Reuters, Bulletin, Newskoop en Al Jazeera word gebruik as hoof bronne van inligting. Aanbiedings is so ver moontlik aktueel en relevant en moeite word gedoen om luisteraars se behoeftes te bepaal en aan te spreek.
Gemeenskapsprojekte dek ‘n groot deel van ons bediening en betrokkenheid by ons mense (of publiek) soos Loslitdag, Radiothon, Kusuitsendings en vele ander. Tiendes is al geskenk aan (die) Quinton Steel-Botes Fonds, Hope for Life, Crown Financial Ministries, Hope Village Trust en Shelter for Abused Women & their Children, om maar net ‘n paar te noem.
Kanaal 7 Medianetwerk vir Christus maak gebruik van 24/7 internet stroom en is beskikbaar via die Web, slim- en android-fone. Luisteraars word wêreldwyd daagliks met van nuusflitse, lewendige ateljeegesprekke tot in-diepte onderhoude bedien. Spesiale uitsendings word deur middel van die internet en sosiale media gerig. Ons hou by ons onderneming om so ver moontlik die hele Namibië met die Kanaal 7 sein te bereik.

Om siele vir Christus te wen
deur die moderne media.
Kanaal 7 is ‘n betroubare, toonaangewende Christelike uitsaaidiens wat in die soeke na die Koninkryk van God die boodskap van hoop deur Jesus Christus uitdra na gelowiges en nie-gelowiges oral in die wêreld via interaktiewe media.
Jesus Christus is ons hoogste gesag – Nie beperk deur kerkgrense nie – Samehorige Span – Rentmeesterskap – Toegewy – Uitnemend – Integriteit – Omgee
“Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.” – Matteus 6:33
Kanaal 7 Media Netwerk vir Christus, wat bestuur word volgens Christelike beginsels soos vervat in die Bybel, beskou sy rol binne die breër gemeenskap as (media) voorspraak wat die Woord van God en dit wat daarin geskryf staan, bevorder. Volgens ons geloofsbelydenis glo ons dat die Bybel die geïnspireerde Woord van God is, en daarom moet ons uitsendings getrou aan die Skrif wees.
Ons glo dat God die mens geskape het, en soos duidelik beklemtoon in Psalm 139:13: “U het my gevorm, my aanmekaar geweef in my moeder se skoot.” Kanaal 7 neem dus ’n pro-lewe standpunt in ten opsigte van die ongebore baba. Die Bybel is ons gids in Lukas 1:15b, waar ons leer van Johannes as ’n ongebore baba: “…en hy sal met die Heilige Gees vervul wees, selfs van die moederskoot af.”
Kanaal 7 kan dus nie die voorgestelde wysiging aan die Aborsiewet ondersteun nie, wat voorsiening maak vir aborsie op aanvraag onder enige omstandighede en in enige stadium van die swangerskap. Ander Skrifgedeeltes wat Kanaal 7 gebruik om sy standpunt te staaf, sluit in Jeremia 1:4-5: “Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy en jou as profeet vir die nasies aangestel.” en Jesaja 49:1: “Luister na My, eilande, en gee aandag, volke wat ver is! Die Here het My geroep uit die moederskoot, van My geboorte af het Hy My naam genoem.”
Kanaal 7 glo dat God die mens geskape het, MAN en VROU. Dit volgens Genesis 1:27-28: “En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape. En God het hulle geseën, en God het aan hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde…”
Daar is egter druk in die samelewing om die gesin te herdefinieer, heel anders as hoe die Woord van God dit definieer. Hierdie druk strek verder tot die definisie van die huwelik, ’n instelling wat deur God bepaal is om die welsyn van kinders te beskerm.
Kanaal 7 glo in die beskrywing van die huwelik soos in die Woord van God in Genesis
2: “Toe sê die man: ‘Hierdie keer is dit een uit myself, een soos ek. Daarom sal sy ‘vrou’ genoem word; sy is uit die man geneem.’ Daarom sal ’n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou woon, en hulle sal een wees.”
Kanaal 7 gebruik dus sy rol as media-voorspraakstrategies om eendersdenkende gemeenskapsorganisasies te ondersteun en gesonde openbare beleid te bevorder, soos vervat in die Namibiese Grondwet.
Besturende Direkteur
Hoofbestuurder
Omroeper & Program Bestuurder