14 November

Nuusoorsig 14 November


Rhona Gous

 

Die Ministerie van Geslagsgelykheid, Armoedeverligting en Maatskaplike Welsyn het die Voorwaardelike Basiese Inkomste-toelaag van stapel gestuur om kwesbare en behoeftige inwoners  te ondersteun. Ndiitah Nghipondoka-Robiati, Uitvoerende Direkteur van die ministerie, sê hierdie ingryping kom op ’n tyd wanneer dit die nodigste is en het geen verband met die verkiesings nie. Die toelaag verskaf ’n maandelikse kontantbetaling van 600 dollar aan kwesbare en behoeftige huishoudings in 20 dorpe en 18 nedersettings.


Die Windhoekse Burgemeester Queen Omagano Kamati, het gister die Mix-nedersetting besoek en die belangrikheid beklemtoon om die gemeenskap se behoeftes op grondvlak te verstaan en aan te spreek. Tydens haar besoek het Kamati haar verbintenis herbevestig om noodsaaklike dienste aan inwoners te bring. Hierdie pogings is daarop gemik om siektes te voorkom en lewensomstandighede in die nedersetting te verbeter.


Namibiese vissermanne eis vergoeding van 140 duisend dollar elk van die Yslandse vismaatskappy, Samherji, weens die verwoestende gevolge van die Fishrot-skandaal. Die Instituut vir Publieke Beleidnavorsing (IPPR), saam met die geraakte vissermanne, dring daarop aan dat Samherji erkenning en ‘n verskoning uitreik vir hul rol in die sage. Hulle sê die regering se maandelikse Werkherstelprogram-toelae van vierduisend dollar sedert 2020 was onvoldoende, wat baie in skuld laat en sukkel om basiese behoeftes te voorsien.


Die Namibiese Inkomste Agentskap (NamRa), sê in sy poging om dienslewering te verbeter, het die agentskap 75,1 miljoen Namibiese dollar in belasting geld aan 50 duisend 804 belastingbetalers uitbetaal. Ten spyte van die pogings, word  terugbetalings van meer as 60 miljoen dollar teruggehou, as gevolg van onvoltooide inkomstebelasting vorms en bank besonderhede. Shidhudhu het alle belastingbetalers gevra om hulle besonderhede op te dateer sodat uitbetalings gemaak kan word. Belastingbetalers word aangemoedig om hulle naaste NamRa tak te besoek of die dienssentrum te bel by 081 959 4000


O&L Leisure – ‘n onderafdeling van die Olthaver en List Groep – het die her-bekendstelling van die Chobe Water Villas aangekondig wat op die oewers van die Chobe Rivier geleë is. Dit word beklemtoonm dat die Villas O&L se toewyding bewys om Namibië se onvergelykbare skoonheid uit te beeld, beide deur sy landskappe en sy gasvryheid. Dit word bekend gestel onder die benaming “Outentiek, Omgee en Passievol.”


Verkiesings waarnemers van die Suider Afrika Ontwikkelings Gemeenskap (SAOG), het vandag in Windhoek aangekom om vooraf opleiding te ontvang vir hulle rol in die Presidensiële en Nasionale Vergadering verkiesings op 27 November. Die SAOG se Verkiesings Waarnemers Sending (SEOM), sal die voor- en na-verkiesings proses monitor om vas te stel of die stemproses in ooreenstemmings is met die SAOG se hersiene beginsels en riglyne vir die uitvoer van demokratiese verkiesings.


Die Hoof van Finansies en Administrasie by die Okakarara Beroeps Opleidings Sentrum, Gift Kerii, sê beroepsgerigte onderrig het die vermoë om Namibië se nywerheids pogings te bevorder en waarde toe te voeg tot sy natuurlike bronne. Volgens hom is daar niks wat gebeur wat nie ‘n mate van beroeps onderwys en opleiding vereis nie. Hy sê TVET is die oplossing vir werkloosheid en het jong Namibiërs aangemoedig om by die Okakarara VTC aansoek te doen vir lewensveranderende opleiding. 


 Rugby…. die Springbokafrigter, Rassie Erasmus het 12 veranderinge gemaak aan die beginspan vir die toets dié Saterdag teen Engeland op Twickenham. Een van die belangrikste veranderings is die terugkeer van die vasskopstut, Wilco Louw.  Eben Etsebeth, Ox Nche en Bongi Mbonambi is die enigste drie spelers wat ook in die beginvyftiental teen Skotland was.

Related Post